Die befaamde prediker van die tweede helfte van die negentiende eeu, Charles Haddon Spurgeon, se pa en oupa was ook predikers. Spurgeon het die eerste paar jaar van sy lewe by sy grootouers gebly, en in sy preke en geskrifte kom 'n besondere liefde en respek vir hulle na vore.
Sy oupa, James, het as jongman die Evangelie begin verkondig en daarmee volgehou tot op 88-jarige ouderdom, toe hy in 1864 oorlede is. Hy het onder meer vir 54 jaar 'n klein onafhanklike gemeentetjie in Essex bedien. Oor hierdie bediening skryf Spurgeon soos volg in sy outobiografie (The Early Years, p.14 & 21):
"To come back to the old chapel, the best point about it was the blessing which rested on the ministry carried on within. The dew of the Spirit from on high never left the ministry. Wherever my grandfather went, souls were saved under his sermons. [Someone once] told me that, to hear my grandfather once, made his wing-feathers grow a foot. He could mount as eagles, after being fed with such heavenly food. 'He was always so experimental', was the summing-up of [another]. 'You felt as if he had been inside a man.' Buildings may perish, and new shrines may succeed them, but no earthly house will accommodate a sounder or more useful ministry than that of my grandfather."
En op 'n ander plek skryf Spurgeon: "... his sober earnestness and sound doctrine were owned of God in many conversions both at home and abroad. Assailed by slander and abuse, it was his privilege to live it all down. He outlived his enemies, and though he had buried a generation of his friends, yet he found many warm hearts clustering round him to the last. .... He was able to say truthfully when last he spake to me, 'I do not know that my testimony for God has ever altered, as to the fundamental doctrines; I have grown in experience, but from the first day until now, I have had no new doctrines to teach my hearers. I have had to make no confessions of error on vital points, but have been held fast to the doctrines of grace, and can now say that I love them better than ever.' Such an one was he, longing to preach so long as his tottering knees could bear him to the pulpit."
Hoe gereeld bid jy vir diegene wat geroep is om die Evangelie te verkondig? (Rom 15:30; Ef 6:19; Kol 4:3-4; 2Tess 3:1-2).
- ••
Iewers in die Suid-Kaap woon/of het gewoon 'n egpaar wat yweraars is vir dieselfde evangelie wat Spurgeon en sy oupa verkondig het. Hulle van is Charles. En toe hulle 'n baba-seuntjie kry, besluit hulle om hom "Spurgeon" te noem. Nou is hy "Spurgeon Haddon Charles". Ons het hom een keer by 'n konferensie ontmoet. Ek het sy hand met vreugde geskud.
- ••
Ken jy vir CHS? Doen jouself die guns – nee, voed jou siel – en lees Spurgeon! Jy kan hom maar vertrou. Hy was so regsinnig en Bybels en Godgesentreerd soos kome kan.
Jy sal hom op internet kry – honderde preke. Wat is 'n baie gereelde uitdrukking in ons gesprekke deesdae? GOOGLE net: "The Metropolitan Tabernacle Pulpit" en soek daar rond.
Ook is 'n hele paar biografieë oor hom steeds in druk. My gunstelinge is: CH Spurgeon Autobiography, Vol 1&2; The Banner of Truth Trust en Arnold Dalimore: Spurgeon; Moody Press. Mag ek byvoeg dat Dalimore een van my gunsteling biograwe is. Verkoop jou sy-dasse of -serpe en koop Dallimore.
Lees hierdie bio's en jy sal jou verwonder dat die Here sóveel genade vír een man en déúr een man kon gee – so kragtig deur hom kon werk – sonder 'n dag akademiese opleiding!
Maar as jy 'n prediker is (ek bedoel, gelowig!) moet jy dalk twee maal dink voor jy hom lees. Hoekom? Jy sal jouself moeilik daarvan kan weerhou om nie Spurgeon se preke te probeer preek nie! Sal dit nou só 'n sonde wees? Ek twyfel! Waarheid is immers waarheid. Ek vind dit egter onmoontlik om hom na te aap. Laat ek maar bieg, ek het al een keer gedink om tog maar te probeer toe ek geen tyd deur die week gehad het om voor te berei nie. Maar die Saterdag het ek gou-gou agter gekom dis 'n onbegonne taak. CHS is absoluut uniek. Uiters kan jy hom voorlees — en selfs dit verg 'n man te perd.
Dit lyk my dit was ook waar van sy oupa.
-o0o-