Daar was eendag 'n trotse man wat 'n spoggerige huis wou bou
Hy hoor toe van ruitglas waardeur mens kan uitkyk
Maar van buite af niks aan die binnekant kan sien nie
Opgewonde koop hy toe sulke vensters vir sy woning der wonings
Helaas maak hy egter 'n liederlike flater
Hy bou die vensters verkeerd-om in
Nou kan hy om 't dood nie uit sien nie
Maar buitekant sy kamervenster
Verkneukel die dorpsmense hulle aand na aand
><(((*>
Nico van der Walt
T: 082 848 9396
E: