Terwyl ek die afgelope week of twee gewerk het aan 'n studie van Hebreërs 1:1-3 (sien my webwerf www.imagodei.co.za - Langer Studies - No.040), het ek weer en weer gedink aan wyle Prof. Christi Coetzee — gewese professor in Nuwe Testament aan die Potchefstroomse Teologiese Skool.
In sy skitterende klasse het ek vir die eerste maal kennis gemaak met die eksegese van hierdie verse. Wat 'n dosent was hy nie! Ek is meer dank aan hom verskuldig as wat ek ooit onder woorde kan bring (vir my was hy inderdaad méér as net 'n dosent).
In my stiksienigheid het ek destyds nie die volle implikasies van, nie net die afgeslotenheid nie, maar ook die genoegsaamheid van die Godsopenbaring in Christus verreken nie. Dit het my meer as 'n dekade in die teologiese en kerklike woestyn gekos. Maar tot vandag toe loof ek nog gereeld die Here dat my oë in die tweede helfte van 1990 vir hierdie waarheid oopgegaan het.
Dit het — sonder om te oordryf — lewensveranderende gevolge gehad. Naas my aanvanklike bekering, was dit dalk die mees dramatiese ommekeer in my lewe.
><(((*>
Nico van der Walt
T: 082 848 9396
E: