PDF WEERGAWE

Goeie predikers in Afrikaans is helaas vandag baie skaars. Ek is bevrees dat meeste van ons al vergeet het hoe klink goeie prediking – indien ons ooit geweet het. Ja, ja, daar is wel skaretrekkers, maar ek het geleer dat dit as sodanig baie min beteken; trouens, in vandag se kerklike samelewing is ek maar skepties oor diesulkes. Ek moet met ander woorde éérs proefondervindelik daarvan oortuig raak.

            Graag stel ek julle voor aan, wat ek beskou as die beste prediker wat ek ken. Hy is Amerikaans en preek dus in Engels. Maar hy praat baie duidelik en gebruik die mooiste Engels. Ek verluister my daaraan. Hy is 'n orator soos sekerlik min ander.

            Sy teologie kan jy deur 'n ring trek. Hy is werklik Godgesentreerd, Christusgefokus en Woordgefundeerd – deur en deur. En hy preek die Bybel – nie moralistiese en sentimentele storetjies en allerlei bog nie. En in geen opsig probeer hy "nice" wees nie. Hy noem 'n saak reguit by die naam – vreesloos ("he calls a spade a spade").

            Hy is nie bekend vir kort, vermaaklike en stigtelike woordjies nie. Hy het selde minder as 'n uur gepreek, maar mense het dwarsdeur vasgenael gesit.

            Luister na hom – en as jy enigsins aanklank vind, hou aan! Jy mag dit bes moontlik lewensveranderend vind. Presies dít is hoe die grootste predikers deur die eeue gepreek het.

            Ek praat van Albert N. Martin (geb. 11 Apr 1934).

            Hy was vir 46 jaar (1962-2008) predikant – 37 jaar in Trinity Baptist Church, Montville, New Jersey.

Jy kan honderde van sy preke kry by:

https://www.monergism.com/search?f[0]=author:34396

of

https://www.sg-audiotreasures.org/am_index.htm

Onderstaande is 2 getuienisse van 'n wonderlik geseënde van die Here. Die eerste in die vorm van 'n preek ('n móét-luister); die tweede as kalm bejaarde man (80jr), ongeveer 6 jaar na sy uittrede. Dis 'n goeie video-opname (op YouTube, waar jy 'n hele klompie, spesifiek video-opnames van hom kan kry).

1.         https://www.sg-audiotreasures.org/singular/am_testimony.mp3

2.         https://youtu.be/QcvVNibtnU0

 

Luister les bes na Paul Washer oor 3 nuwe boeke deur Martin – in die besonder vir pastors/predikers en aspirante.

https://youtu.be/Z0Fz0g94gaU?list=RDLVQcvVNibtnU0

Nico van der Walt

T: 082 848 9396

E: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

http://www.imagodei.co.za/