PDF WEERGAWE

In ou Israel moes alle slawe – hulle wat tydens die voorafgaande paar jaar deur skuld die eiendom van hulle skuldeisers geword het – elke sewende, oftewel sabbatsjaar, vrygelaat word. Nog meer, hulle base moes hulle selfs weer materiëel op die voete help (Deut 15:13-15).

         Daar is destyds egter voorsiening gemaak vir die toewyding van 'n "liefdeslaaf". Indien 'n slaaf té lief geraak het vir sy baas en nie wou weggaan met die aanbreek van die sabbatsjaar nie, kon hy homself vrywillig vir so 'n baas gee. Hy moes dan teen 'n deurkosyn gaan staan en die baas moes 'n gaatjie deur sy oorlob steek tot in die hout. Die gaatjie sou daarna dan die teken van vrywillige liefdesoorgawe en lewenslange slawediens wees (Eks 21:5-6 en Deutr 15:16-17).

         Dis die wonder van verlossing in Christus. Ons is nie meer slawe nie, maar kinders van God. En ons begeer niks méér nie as om ons Here met alles in ons te dien. Hy het immers Sy wette op die tafels van ons harte geskryf.

            En wonderlik: Elkeen wat waarlik deel gekry het aan die nuwe skepping in Christus, ken dit proefondervindelik. Die wedergeboorte het hom of haar die Here se "liefdeslaaf" gemaak!

 

                                                            Het jy 'n gaatjie in jou oor?