Voorbidding is nie 'n poging om die Vader van opinie te laat verander nie, om Hom te laat afsien van sy voorneme nie, om met Hom tou te trek nie! Nee! 'n Duisendmaal, nee!
Voorbidding is 'n onuitspreeklike voorreg. Dis medewerking, saamwerking. My Vader weef my voorbidding, net soos my voorbeeld en my verkondiging in die uitwerk van sy raadsplan in. Dis 'n groter voorreg as wat woorde kan uitdruk.