God red 'n sondaar volgens sy soewereine wil
uit genade alleen
op grond van Christus se middelaarswerk alleen deur die geloof alleen
tot goeie werke
en daarom uiteindelik volgens goeie werke
Geen regsinnige Christen sal bogenoemde drie "alleens" of die "tot" misken nie. Maar baie gelowiges sal verbaas wees oor die laasgenoemde stelling (die "volgens"), en selfs daarteen beswaar maak.
Maar dis presies wat wat die Bybel herhaaldelik sê! Luister na die Nuwe Testament.
+ Hoe lees mens die duidelike boodskap van die gelykenis van die skape en die bokke in Matt 25:31-46 anders as presies só.
+ Matt 12:36-37: "Dit sê Ek vir julle: van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word" (NAV).
+ Matt 16:27: "Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom ... en sal elkeen volgens sy dade vergeld" (NAV)
+ Rom 2:6-11: "Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade: aan die wat goed doen ... elke mens wat kwaad doen ..." (NAV).
+ 2Kor 5:10: "Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad" (OAV).
+ 1Pet 1:17: "Aangesien julle Hom as Vader aanroep wat oor elke mens onpartydig volgens sy dade oordeel, lewe dan in eerbied vir Hom gedurende die tyd van julle vreemdelingskap in die wêreld" (NAV).
+ Op 20:12: "Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook 'n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het" (NAV).
Die uitlewing van ons geloof is belangrik
baie belangrik, lewensbelangrik.
Oppas, oppas vir die hipercalvinisme!
Dis nóg wat Calvyn geleer het, nóg gereformeerd-konfessioneel,
bowenal, nóg Bybels.
Dis 'n verdoemende dwaling!
Nico van der Walt