Om die Bybel in sy konteks te lees, is uiters belangrik. As ons dit nie onthou nie, sal ons die Woord baie maklik verkeerd vertolk.
So byvoorbeeld is die Pentateug (die eerste 5 boeke van die Bybel) deur Moses geskryf vir die Israeliete tydens die woestyntog. Na 4 eeue in Egipte was hulle amper ongeletterd, en het grootlik soos Egiptenare gedink. Dit geld waarskynlik ook hulle aanbidding, vandaar die episode met die goue kalf. Selfs Moses, na sy opvoeding in die Farao se paleis, moes verskeie lewensveranderende ontmoetings met Jahweh hê ten einde die ware God te leer ken. Eintlik was die klomp Israeliete net 'n slawegespuis toe hulle Egipte verlaat het.
Uiteraard geld die beginsel vir al 66 boeke van die Bybel.
Eers as ons dit verreken het, kan en moet ons die vraag vra wat dit vir ons sê, mense van die 21ste eeu. Want natuurlik is God se Woord óók vir mense van alle eeue geskryf, ongeag kultuur en ontwikkelingspeil.
God se woord is gewis sy boodskap vir alle mense,
maar eerstens sy boodskap aan die mense van die betrokke tyd.