Kort nadat ek in die tweede helfte van 1973 radikaal tot bekering gekom het, het ek David Wikerson se "The Cross and the Switchblade", en Broer Andrew se "God's Smuggler" gelees.
Beide boeke het my behoorlik geskud. Van só 'n soort Christenskap het ek nooit vantevore gehoor nie! En dit het my honger gemaak vir méér as wat ek tot op daardie tydstip geken het – só honger dat ek vir die eerste paar jaar soos 'n opgeblaasde ballon was wat mens laat los. Ek het baie, baie meer hitte gehad as lig!
Ek dank die Here dat die lig mettertyd bygekom het. En ek vertrou dat die hitte nie minder geraak het nie, maar, wil ek graag glo, meer ordelik gekanaliseerd is. Onbeheersde energie kan vernietigend wees. Maar getem en ingespan, is dit goud werd; trouens, onmisbaar.
Mag my lig en my hitte altyd in balans bly!
'n Film: The Cross and the Switchblade
https://watch.redeemtv.com/the-cross-and-the-switchblade-50th-anniversary-edition/videos/the-cross-and-the-switchblade-50th-anniversary-edition
'n Kort onderhoud met Broer Andrew
><(((*>
Nico van der Walt
T: 082 848 9396