Een van die lesse wat die geskiedenis leer, is dat wanneer die kerk die wêreld probeer wen deur meer en meer sóós die wêreld te wees, raak die kerk vinnig nét soos die wêreld. So gebeur dit sonder uitsondering.

Die Here Jesus leer baie uitdruklik die omgekeerde: Die geheim sit in ons andersheid. Sy dissipels moet bewarende sout wees in 'n ontbindende kultuur, moet skynende ligte wees midde-in 'n samelewing van radelose donkerte (Matt 5:13-16; Mark 4:21; 9:50; Luk 14:34).

"WE MARCH TO A DIFFERENT DRUMMER !"