PDF WEERGAWE

Hulle lewe in nederigheid en vriendelikheid. Onder hulle vind jy nie huigelagtigheid nie. En hulle het mekaar lief. Hulle sien nie neer op weduwees en weeskinders nie. Wat hulle het, deel hulle ruimskoots met diegene wat nie het nie.

            As hulle 'n vreemdeling sien, gee hulle hom of haar onderdak – des te meer met blydskap as dit 'n medebroer of -suster is. Hulle noem mekaar broer en suster.

            Wanneer een van die armes onder hulle sterf, sorg hulle vir 'n waardige begrafnis.

            As hulle verneem dat een van hulle in die tronk gegooi is, of onderdruk word oor die naam van hulle Messias, sien hulle gesamentlik om na al die nodige behoeftes. Hulle probeer ook om so 'n persoon se vrylating te bewerkstellig.

            Sou hulle nie genoeg geld hê om 'n mede-gelowigemte help nie, vas hulle twee of drie keer per week om hulle eie lewenskoste in te perk, om sodoende in die behoefte te voorsien." [1]

 

[1]           Eerste Apologie van Justinus die Martelaar: Roberts & Donaldson, Die Anti-Niceense Vaders