PDF WEERGAWE

"Dit het ek aan julle geskryf sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het,

julle wat in die Naam van die Seun van God glo." (1Joh 5:13, 2020).

-o0o-

'n Christen is 'n begenadigde sondaarmens

wat volgens die drie-enige God se ewige raadsplan

op grond van Jesus Christus se middelaarsverdienste

deur die Vader as kind aangeneem word

en deur die Heilige Gees herskep en toegerus word

om heilig tot God se verheerliking vir ewig te lewe

Hierdie werk van die Gees is 'n onmiskenbare belewingswerklikheid vir die betrokke persoon, terwyl dit ook vir ander om hom of haar duidelik waarneembaar is. Ten spyte van graadverskille van tyd tot tyd, en van persoon tot persoon, sal ten minste die volgende in essensie en lewenslank van so 'n begenadigde wáár wees:

1.         So 'n wedergeborene stel geen vertroue hoegenaamd in enige eie verdienste voor God nie, maar maak absoluut staat op die persoon en werk van Jesus Christus om hom of haar van God se regverdige toorn te red.

2.         Te danke aan nuwe hartsgerigthede, nuwe morele vermoëns, nuwe begeertes en 'n innige dankbaarheid vir God se genade in Christus, word sy of haar lewe nie meer gekenmerk deur sonde nie, maar deur Woordgetroue gehoorsaamheid — hetsy negatief, hetsy positief.

3.        'n Dienende liefde vir die Here en die naaste is 'n sentrale kenmerk van so 'n persoon se lewe.

4          Hy of sy leef nie langer volgens die selfgesentreerde waardes en prioriteite van die Godvyandige wêreldstelsel nie, maar jaag dit lewenslank na om volgens God se Woord en Wet te leef, ten einde die drie-enige God te behaag en te verheerlik.

><(((*>

Nico van der Walt

T: 082 848 9396

E: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

http://www.imagodei.co.za/