KLANOPNAME: https://youtu.be/atk6dQKvZbM
Gen 2:17
"... van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie, want die dag wanneer jy daarvan eet, sal jy beslis sterf."
Jeremia 17:9
"Die hart is bedriegliker as alles; dit is ongeneeslik. Wie kan die hart verstaan?"
# Voor die sondeval was die mens in 'n werkverbond met God. Adam het kennis, geregtigheid en vryheid gehad. En hy moes die ewige lewe verdien - deur persoonlike en volmaakte gehoorsaamheid (Gen 2:16-17).
Waarskynlik sou daar 'n proeftydperk wees en is die boom van die lewe - of dan waarvoor dit staan - vir hom as beloning voorgehou (Gen 2:9; 3:22).
Die prominente plek wat die boom van die lewe uiteindelik weer in Openbaring se beloftes aan oorwinnaars in Christus inneem (2:7; 22:2,14), bevestig so 'n vertolking.
In 'n neutedop het die werkverbond hierop neergekom: Wees gehoorsaam - en beërf die ewige lewe, asook die loon wat daarmee gepaard gaan. Wees ongehoorsaam - en sterf vir ewig, asook alles wat daarmee gepaard gaan. [1]
Adam, verbondshoof van die mensheid, het misluk. Daarom sou die loon van verbondsmislukking sy en sy nageslag se lot wees – want in die werkverbond sou hy almal verteenwoordig wat uit hom sou voortkom, dus alle mense.
# Die verskriklike gevolg van die sondeval is dat die gevalle mens 'n dubbele probleem voor sy Skepper het - sy skuld en sy onvermoë - die twee komponente van die erfsonde.
Hy is in skuld by God oor sy mislukking en rebellie.
En God se heilige geregtigheid vereis dat dit betaal moet word.
Tydens die daarstelling van die verbond al, is die boete duidelik uitgespel,
die ewige dood!
Máár selfs al sou die skuld opgehef of vereffen word,
Sou dit hom in presies dieselfde posisie laat as waarin Adam vóór die sondeval was.
Hy sou steeds die ewige lewe moes verdien
deur volgehoue gehoorsaamheid.
Dit is en bly immers die absolute en ononderhandelbare voorwaarde vir die ewige lewe.
En as Adam nie kon slaag nie, hoeveel te minder die gevalle mens!
Presies dít is waarom die gevalle mens se onvermoë
net so ‘n groot problem is, as sy skuld.
# Ter wille van sy eie eer en te danke aan sy liefdesgenade het God hierdie probleem van die mens inderdaad volkome aangespreek. Daarna kyk ons as die Here wil, volgende keer.
><(((*>
Nico van der Walt
T: 082 848 9396
E:
W: www.imagodei.co.za
[1] Die "dood" het in die Bybel 3 komponente: Een, die geestelike dood. Twee, die liggaamlike dood. Drie, die ewige dood.